Saturday 10 June 2017

Clean The Hood (Delft)

"Clean The Hood"


Deur: Michael Abrahams

Hierdie projek was uitgevoer op 13 Mei 2017 (Delft)

"Respek wat onder jou is en wat rondom jou is. Moet nie dood maak wat jy nie eet nie"

Die natuur leer jou hoe om skoon te wees. En as daar geen natuur is nie hoe kan ons leer. Die natuur leer hoe om te respek, met passie, saam te werk, hoe om saam-saam te bestaan, al is ons nie dieselfde nie.

Net soos die diere, plante kan saam leef in die wild of natuur is daar plek vir mense ook.
Ons het voorheen saam-saam gehelp in peace, so hoekom kan ons nie daaruit leer nie en weer so lewe in vreedsaamheid onder mekaar nie.
So die "Clean The Hood" is net een van dui elemente wat gepaart gaan met dit.
Omdat ons kinders moet groot gemaak word sonder hulle een van hulle ouer of sonder altwee gaan hulle verlore. Want die wette van die natuur is nie net vir diere en plante nie maar ook vir die mens. En as hulle drie saam gevorm word verander dit na kultuur. Ons sit sonder kultuur darem kan enige ander nasie ons onterf, betrap en ondermyn.
Want die wette van die natuur, leer jou hoe om saam jou mede mens te leef en kultuur verhoed dat jy jou eie nasie benadeel. Ook leer jou herkoms, respek en hoe lief te het vir jou mede mense.

So die "Clean Jou Hood" is 'n stap voorentoe wat in die verlede was maar stadig maar verseker weer te herstel. Want ons nasie is mos in die proses van herstel. So mense kan nie verwag die min moet alles doen nie. Minderheid beteken dit vat langer en baie van ons mense is mos kortagtig, het nie tyd vir ander nie.

Ons benodig die hele nasie nie net 'n groep nie.

DOEL VAN DIE "Clean Jou Hood" PROJEK

Met die "Clean Jou Hood"projek wil ons die jueg se gedagtes skoon hou, versterk en leer van hulle herkoms en hoe om lief te wees vir hulle omgewings en die natuur.
Ons beplan om dit weer te doen verder in Delft, en hoop meer kinders word direk betrokke.